Ons hou van

Michelle Obama se styl, videoblog oor jong SA vroue

Sedert pres. Barack Obama die leisels in 2009 oorgeneem het, sit hierdie vrou byna nie ‘n voet verkeerd op die modefront nie. Die Amerikaanse tydskrif Harper’s Bazaar se redaktrise, Carmel Snow, noem Michelle Obama hoeka die ideale vrou – “the well-dressed woman with the well-dressed mind”.

En nou is daar selfs ‘n boek oor haar styl. In Everyday Icon vat die mode-joernalis Kate Betts ‘n vergootglas wanneer sy na haar styl kyk. Volgens Kate trek sy vir haarself aan, en is dit regtig die belangrikste reël.

Hier is ‘n paar wenke uit die boek:

  • ‘n Groot borsspeld gee ‘n nostalgiese element aan ‘n uitrusting en spreek boekdele van haar liefde vir statige bykomstighede.
  • Sy dra selde stywe, gestileerde baadjies, maar is baie lief vir haar oopknooptruitjies – dit hou haar uitrustings gemaklik en plat op die aarde.
  • Materiale met ‘n interessante patroon of kleure is ook ‘n gunsteling – dit staan uit tussen die eentonige kleure.
  • Sy dra gereeld lae hakke soos kitten heels. Dit is gemaklik, prakties en pas by haar styl.

Die rede vir haar besoek is die Young Africa-projek, ‘n inisiatief wat fokus op leierskap, gesondheid en opvoeding onder jong mense in Afrika. Sy besoek Suid-Afrika en Botswana in haar tyd hier.