Ons hou van

Mini, midi, maxi

Kies hulle Twiggy-kort soos in die 60’s en speel veilig met die midi se tussenin lengte. Of dra hulle lank en vloeiend soos die maxi’s van die 70’s. Winter is veral die seisoen van die maxi – in knus wol en kasjmier.

Onthou proporsies:
As jy nie lank en modelslank is nie, pasop vir ’n romp met te veel volume. Hou dit eerder slank. ’n Vryersbaadjie (boyfriend jacket) daarbywat met ’n belt ingetrek word, is vleiend vir breër heupe.

WENK:

“Kies een kleur in jou uitrusting, of ’n skakering daarvan, en herhaal dit.”
Aspoestertjie
 – sarie.com blogger

Midi, deur Salvatore Ferragamo Maxi, deur Max Mara