paradise_2377_cmyk_sm
Ons hou van

Miss Me denims – nou in Stuttafords

Met hul edgy ontwerpe en pragtige afwerkings, is dit maklik om te sien waarom Miss Me vinnig besig is om een van die wêreld se gewildste mode-etikette onder vrouens te word.

Behalwe vir die groot gunstelling – die Miss Me denims, bestaan dié reeks verder uit oulike denim kortbroekies, gemaklike boyfriend denims, pragtige capri broeke, asook kleurvolle kort mou toppies, vroulike bloesies, sexy cocktail rokkies en handsakke.

Besoek graag ‘n Stuttafords om die nuwe Miss Me “MY PARADISE” reeks te geniet, en om self jóú gunstelling te kies.