Ons hou van

Missibaba en die Soektog na die Goue Skarabee.

Missibaba se nuwe reeks speel Egiptoloog en al die antieke kunswerke, graftekens, geweefde papirus en piramiedes bied hope inspirasie vir handsakke, juwele en belde.

Uitgebrande oranje, middernagblou, kakie, diep eiergeel, goud, helder oranje en geel, asook sagte grys maak die kleurpalet uit vir die Soektog na die Goue Skarabee-reeks. Inspirasie vir die juwele kom vanaf Antieke Egipte se kostuumjuwele, kunsvlyt, geweefde papirus en halssnoere van helder geglasuurde erdewerk. Jy kan ook ‘n wye verskeidenheid eksotiese materiale verwag soos slang- en reptielvelmotiewe, plateerwerk, kunskoedoevel en handgeweefde repies.

Elke handsak of halssnoer het ook ‘n eksotiese naam soos die Woestynreisiger-skouersak, Isis- skouersak, Isis-beursie, Cleopatra se Gordel, Nylrivier Oorvou-belt, Koraal Slanghalssnoer en Skaraabreisigersak.

Vir meer inligting besoek www.missibaba.com