Ons hou van

Plaaslike ontwerpers span saam

Chloe Townsend (Missibaba) en Anna Verloren van Themaat (Mevrou) is nie net ontwerpers nie, maar ook vriendinne wat hul liefde vir handgemaakte items deel.  Saam het hulle besluit om ‘n pragtige reeks te ontwerp, met geruite patrone, pyle en Suid-Amerikaanse invloede. Hulle wou hê die kleurgebruik moes sterk wees, met naaswit en swart as hoofkleure, wat dan afgerond word deur donkersjokoladebruin katoen en looistof.

Kussings Kussings (R3 910)
Handsakke (R6 310 elk) Handsakke

Vir meer inligting, kontak Anna per e-pos by anna.verloren@gmail.com of besoek die Missibaba-winkel in Breestraat, Kaapstad vanaf Julie.