Ons hou van

Moby maak horlosies!

Moby (Richard Hall), wêreldbekende Amerikaanse musikant, sanger, platejoggie en musiekvervaardiger, is toe ‘n kunstenaar van ‘n ander soort ook. Sy liefde vir teken kom al jare, en Swatch het onlangs sy ‘Little Idiot’, ‘n oulike karaktertjie wat Moby self geskets het, lewe gegee toe hulle besluit het om dit te gebruik as ontwerp op hul jongste horlosie. Daar is slegs 7777 van hulle wêreldwyd beskikbaar, en Moby het 1 499 850 aanhangers op Facebook alleen. Dis maklik om te sien waarom die reeks dan so beperk is.

Die tekening is geskep om die tegniese en skeppende uitnemendheid van Moby se grootste musiektreffers te eggo. Die unieke ontwerp kom nie net op die Little Idiots-horlosie voor nie, maar ook op die bolvormige verpakking.

Moby het duidelik ‘n groot voor liefde vir animasie, want die meeste van sy musiek video’s gebruik dit ook:

Die horlosies is slegs beskikbaar by Swatch in Sandton. Skakel 011 783 5969 vir inligting of besoek die webwerf by www.swatch.com.

  • Amitrukh

    He jeeje Fedde, wat ben je negatief. Natuurlijk is het maar 1 keer leuk, of mieschisn 2 keer, of mieschisn wordt het steeds leuker als je meer en meer besjes eet We vonden het gewoon grappig. En ook wetenschappelijk interessant. In het echte leven is er trouwens wel ook interesse voor die besjes hoor. In Afrika, waar die besjes dus vandaan komen worden ze gebruikt als smaakverbeteraar bij zurige voedingsmiddelen. In Amerika is in de jaren 70 ook geprobeerd om de besjes te commercialiseren omdat ze dingen zoet maken zonder calorieen toe te voegen aan eten. Het is echter nooit als zoetstof op de markt gekomen. Velen denken dat dit komt door de lobbyende suikerindustrie die daar een stokje voor heeft gestoken