FOTO: Niquita Bento

FOTO: Niquita Bento

Ons hou van

Mode en skoonheid: 10 Winter moet-hê items

Kenners van mode en skoonheid wys elkeen ’n item waarsonder sy nie dié winter kan klaarkom nie.

1. Jackie Burger (hooffoto), eienaar van Salon 58, ’n opskiet-stylsalon: “Die trench-styl jas is ’n staatmaker en altyd my belangrikste beleggingskopie. Dié ligte kameelkleurige jas met sy effe oorgroot en manlike vorm pas goed in by my versameling klerekas-items wat ek heeljaar kan dra. Sjiek met ’n belt, of los oor die skouers, dit maak nie saak nie – die trench sê jy trek stylvol aan.”

jas spree

2. Stephanie Bouic, publisiteitskoördineerder van African Sales Company: “Ek kies gewoonlik aardse kleure vir my oë saam met ’n helder lipstiffie, maar ek eksperimenteer nou met pers oogskadu-skakerings. Dis die perfekte kleur vir my bruin oë.”

3. Charis van den Heever, SARIE se skoonheidsredakteur: “Natuurlik is die kleur van die jaar, Marsala, op my lys. Dié donker wynrooi skakering met sy sterk bruin ondertoon dra ek reeds op my naels en lippe.”

spree nails

4. Lulu Ndevu, kommunikasiebestuurder van Estée Lauder: “Pruimkleur lippe! Ek was nog nooit gemaklik met dié kleur nie, maar ek voel waaghalsig en gereed daarvoor. Pruimkleur het houding en dis glansryk.”

5. Pippa Lovemore, publisiteitskoördineerder van Clarins: “Haarolie is ’n groot tendens vir 2015 en dit wérk. Maar hoekom nie sommer jou gesigolie ook vir jou hare
gebruik nie? Dit bevog jou vel én is ’n heerlike bederf vir jou kroon.” –

6. Sandra Rogers, uitvoerende bestuurder, trend en ontwerp, Edgars: “Net één? ’n Vrou kan mos nie net een nuwe artikel vir ’n nuwe seisoen kry nie! Ek soek ’n kombersstyl mantel met ’n grafiese motief. En ek gaan beslis vir my die seisoen se motorfietsbaadjie in egte leer aanskaf – ek het reeds my oog op een.”

7. Amy Scheepers, fotograaf en blogger: “My moet-hê-item is ’n paar perfekte enkelstewels van swart leer. Daarsonder voel dit nooit vir my of ’n uitrusting behoorlik afgerond is nie. Ek kan nie ophou om dit te versamel nie – dis ’n probleem!”

Spree boots

8. Tracey Rowles, bemarkingsbestuurder van REVLON: “Hierdie seisoen probeer ek kleurryke oogomlyners en oogskadu’s. Ek gaan ook nie wegskram van produkte met glans nie.”

9. Marike Mapham, modevervaardiger by Spree“Ons trek dié winter laag op laag aan. ’n Elegante lospassende jas met ’n eenvoudige snit is die perfekte item om jou klerekas in pas te hou met die nuutste trends.”

spree jas

10. Kelly Ross, voorkomskonsultant van Johannesburg: “Ek gebruik ’n pienk lipstiffie sommer ook as blosser. Omdat my vel baie lig is en ’n pienk ondertoon het, pas perske of oranje blossers nie by my nie. Dié lipstiffie is die perfekte kleur vir my wange en ek kry altyd komplimente wanneer ek dit gebruik.”

spree lippe

Lees ook