talisman_as_penf
Ons hou van

Moderne en elegante juweliersware

Duncan het heelwat navorsing gedoen vir die ontwerp van die talisman, en elkeen van die materiale wat gebruik is, het simboliese betekenis, terwyl die ontwerp self ‘n tikkie folk-inspirasie het.

So is goud die simbool van voorspoed, pers van krag en wysheid, en die groen peridoot dui op voorspoed, geluk, skoonheid, jeug en genesing.

Die ontwerp van die ring is uniek – ‘n onvoltooide sirkel met twee edelgesteentes in die opening wat na mekaar loer. Die ring op die foto is van 14 kar.-goud met ‘n ioliet en peridoot. ‘n 18 kar.-weergawe met ‘n swart- en witdiamant, asook variasies met smaragde, saffiere en robyne sal binnekort beskikbaar wees.

Die ringe word saam met ‘n swaar string gare verkoop, wat maklik inhak en jou ring word dan ‘n pendant.

Die reeks word later in die jaar aangevul met oorbelle en armbande.

Duncan Stevens-juwele is beskikbaar by:
Reads Gallery (The Zone, Rosebank, Johannesburg)
Statement Jewellery (Green Market, Kaapstad)

Vir meer inligting, besoek die webwerf: www.duncanstevens.com

  • Hyla

    Dis a beautiful stukkie juweliersware… sal graag self so n ring wou he!