rooney
Ons hou van

Nog ‘n stylwenner vir Rooney Mara

Hierdie is verseker Rooney Mara se jaar – op die silwerdoek én op die rooi tapyte. Sedert sy die gesogte rol van Lisbeth Salander, die donker karakter in die Stieg Larsson-Millennium-trilogie, losgeslaan het, is sy op almal se lippe.

En sy het tot dusver ook nie ‘n modevoet verkeerd gesit nie! In een van haar grootste mode-seges nóg het sy 3 Januarie tydens die Franse première van The Girl With The Dragon Tattoo in ‘n sjiek Louis Vuitton-rokkie verskyn en wéér bewys dat die “LBD” (“Little Black Dress”) ‘n versekerde staatmaker in ‘n vrou se klerekas is.