Ons hou van

Mulberry-veldtog deur Tim Walker

Die top-modefotograaf Tim Walker, bekend vir sy fantasieskeppings, het weereens bewys waartoe hy in staat is. Dié keer het hy Brighton Pier opgekikker met props wat jou se mond laat water.

Modelle Lindsey Wixson en Frida Gustavsson pronk in helder uitrustings tussen al die oorgroot roomyse en ander lekkernye. Die reeks se helder kleure, bont suikerstrepe en pragtige vroulike patrone herinner aan somervakansie uit die 70’s.

Walker het ook Mulberry se winter 2012-advertensieveldtog afgeneem. Kyk hier vir nog ‘n fantasiewêreld van hierdie talentvolle fotograaf: