Ons hou van

‘n Eerste vir Dior, en Prinses Charlene was daar

Die afskop van die Parys Haute Couture Modeweek word in opskrifte op modeblogs en nuuswebtuistes as meer as net ‘n modevertoning beskryf. Eerder ‘n groot mode-geleentheid met Raf Simons wat wyd komplimente ingepalm het vir sy eerste reeks vir die modehuis Dior.

En al die invloedrykes was daar – van Amerikaanse Vogue-redakteur Anna Wintour, Prinses Charlene (van kop tot tone in Dior), Hollywood-aktrises Sharon Stone en die nuwe ‘It-girl’, Jennifer Lawrence van Hunger Games-faam tot sy eweknieë uit die modewêreld – Donnatello Versace en Marc Jacobs.

Simons se reeks was ‘n terugkeer na die New Look-voorkoms waarvoor Dior tussen 1947 en 1957 so bekend was, maar met ‘n moderne aanslag.

Hy is Dior se vyfde ontwerper en het in April vanjaar die flambojante kreatiewe direkteur John Galliano vervang ná ‘n rassevoorval. Raf het vroeër groot sukses behaal by die modehuis Jil Sander.

* Sien die volle Dior-reeks hier

  • Violet van Zyl

    Sy lyk altyd pragtig. Wat ‘n voorbeeld van elegansie en stylvolle smaak. ‘n Ware rolmodel vir jong meisies.

  • Hettie Hanekom

    Ons eie uitvoer produk.Sy is asemrowend mooi…Sy maak die seer van Diana se awesigheid minder.Weer ‘n slag iemand om te bewonder.Natuurlik is daar nog onse Kate!Sy is net so pragtig.Dankie SARIE vir pragtige foto’s.

  • Ria Lourens

    Stylvol en pragtig en ‘n ware dame en rolmodel. Dior is nou maar eenmaal Dior.

  • Thina Basson

    WOW! Toppunt van skoonheid, versorging en elegansie. Tien uir tien!

  • buy wow gold

    I am also writing to let you understand of the amazing discovery my wife’s girl obtained browsing your blog. She mastered numerous pieces, with the inclusion of what it is like to possess an excellent teaching mindset to make the others easily completely grasp various impossible matters. You really did more than our own expectations. Thanks for presenting the helpful, trusted, edifying and also fun tips on this topic to Julie. buy wow gold http://www.hahawowgold.com