Ons hou van

Nuwe gesig van Miu Miu se somer 2012-veldtog

Hiermee verskyn die 22-jaarige aktrise wat onlangs die hoofrol in Tim Burton se Alice in Wonderland vertolk het die eerste keer in ‘n modeveldtog. Sy vervang die 14-jarige Hailee Steinfeld wat Miu Mui se keuse vir winter 2011/2012 was.

Mia het as Alice vir haarself naam gemaak, en verskyn ook in die 2010 Amerikaanse komedie-drama The Kids Are Alright saam met Julianne Moore en Annette Bening en die Britse romantiese drama Jane Eyre van 2011.

In die eerste foto’s wat van die veldtog bekend gestel is, verskyn Mia in die nuutste ontwerpe wat helder kleure en blompatrone insluit – en dan is natuurlik die legendariese skoene en handsakke!