2011_12_02_11_35_46
Ons hou van

Kloofstraat bly koning

Nou’s daar nog ‘n rede om Kloofstraat in die Kaap te besoek. Leandra do Pereiro se nuwe boetiek, Love Lee, is lekker sentraal geleë (reg langs The Lot en Wardobe en oorkant die Spar).

Daar sal jy ‘n vrolike swembroek vind, asook die perfekte aandrokkie of ietsie vir die lang, warm dae op Kampsbaai se strand met die skemerkelkies daarna …

Die winkel het op 1 Desember amptelik oopgemaak en Leandra is sommer winkeleienaar, ontwerper, model, stilis en nou entrepeneur ook!

Kontak Leandra by 082 954 3414. Die boetiek is oop weeksdae van 9vm tot 7nm oop en Saterdae van 10vm tot 3nm.