sr1305straatpraatjies_2_
Ons hou van

Die nuutste nael-trends

Die jongste gier is hope tekstuur op jou naels en is ’n gunsteling onder Hollywood-sterre.

Blake Lively word gereeld met sysagte fluweel op haar naels gekiek – selfs op haar troue met Ryan Reynolds. Speel saam en probeer die splinternuwe Nails Inc. Leather Effect of Concrete (R120 elk, by Edgars te kry). 

op jou vingerpunte

Vir al die jongste naelgiere van die filmsterre en sangers, gaan kyk gerus op Pinterest.

Hollywood-ster Nicole Richie (foto onder) het ook gebruik gemaak van die nuwe mode gier deur ‘n tweekleur manikuur op haar naels aan te wend vir die Met Gala verlede maand in New York. 

nicole richie naels

Hierdie seisoen hoef jy nie te veel te spandeer om daai fluweel of leer item by jou klerekas by te voeg nie, bly op hoogte met die nuutste modes deur net ‘n bietjie tekstuur aan jou naels te gee. Dis prettig en lyk nog altyd sjiek!

WAT DINK JY? HOU JY VAN DIÉ NUWE NAEL-MODE?