Ons hou van

Paul McCartney en sy Nancy se trou-uitrustings

Toe sir Paul McCartney op 9 Oktober vir die derde keer getroud is, het sy bruid, Nancy Shevell, ongelooflik gelyk in haar kort, ivoorkleurige trourok ontwerp deur Stella McCartney. Die langer moue was ideaal vir die Londense herfsweer, en die elegante trourok het delikate voue en fyn knopie-detail gehad – wat maar net weer bewys dat langmoue, soos ook dié van Kate Middleton se trourok, groot op die trourok-modefront is en dat eenvoud absoluut pragtig kan wees. Die ander gewilde item op die modefront is die fascinator, en ons is mal oor haar eenvoudige weergawe hiervan deur slegs ‘n blom in die hare te dra. Ook sir Paul was in een van sy dogter se uitrustings te sien, wat spesiaal vir hom ontwerp is aangesien Stella net fokus op vroueklere: ‘n vlootblou snyerspak, stylvol gekombineer met ‘n wit hemp en ‘n ligblou das.