Ons hou van

MTV-toekennings: Wie dra die peplum-styl die beste?

Kort rokkies het hoogty gevier! Duidelik is die somer reeds in volle gang in die noordelike halfrond en die sterre is lus vir beenwys. Van knie-lengte tot baie kort, in helder kleure en monochromoties – almal het afgewys.

Ons top twee? Die peplum-snitte van die aktrises Emma Stone (The Help) en Charlize Theron. Emma, wat die eerste Trailblazer-toekenning ontvang het vir haar suksesvolle loopbaan op ‘n jong ourderdom, het stylvol gelyk in ‘n peplum-snit korset met tulp-romp ontwerp deur Martin Grant. Charlize, ‘n aanbieder by die geleentheid, het asems weggeslaan met ‘n rooi peplum-rok van Lanvin.

Kyk ook by sarie.com se winkel vir ‘n peplumbaadjie.

Emma Stone by die MTV-fliek-toekenningsMari-peplumbaadjie (R795), Colleen Eitzen

EN VANAF DONDERDAG 14 JUNIE TE KRY!

Klein pienk rokkie (beskikbaar vanaf Do 14 Jun)

Klein pienk rokkie

WIE LYK DIE BESTE: CHARLIZE OF EMMA?

  • Linda Jansen van Rensburg

    Charlize lyk die beste, elegant en kleurvol met styl

  • Dina janesn

    natuulik Charlize en die kleur fantasties

  • Denise Kriel

    Charlize en die rooi is so mooi maar dan sal sy mooi lyk in ‘n steepsak ook

  • Julie Atwell

    Charlize lyk by verre die beste – stylvol en dit pas perfek by haar figuur!

  • Santa Hanekom

    Sy kan ook `n sloop dra en dit sal asemrowend lyk!!!!!
    Ek dink net sy het baie meer stylvol gelyk as Emma.
    Die romp was `n mooi lengte wen die selfde kleur is altyd `n wenner.

  • Antoinette

    Charlize. Defnitief

  • Jeanne Tallie

    Charlize verseker!!!Dis elegant ;bietjie sexy en stylvol

  • Lisette

    Charlisze,es die beste,mooi en styl

  • Pamela Pistorius

    Charlize lyk die beste. Wow!

  • Magda Jordaan

    Ek stem ook saam dat Charlize pragtig lyk. Die ander pakkie werk nie. 🙁 Dit sou moontlik beter wees in een kleur.

  • NELLIE VOSLOO

    VERSEKER CHARLIZE, SY LYK PRAGTIG EN ELEGANT!!

  • Evadne Hendrikse

    Beslis Charlize styl en klas is defenetief nie te koop nie, of jy het dit of jy het dit nie en sy het dit verseker.