Ons hou van

Bekendes in Victoria Beckham se nuwe modereeks

Voor die groot bekendstelling van haar reeks Victoria by Victoria Beckham, het sy met die hulp van illustreerder en rolprentmaker Quentin Jones ‘n kort film gemaak om haar aanhangers ‘n voorsmakie te gee. Dié nuwe reeks oulike rokkies is geliefd deur sterre soos Michelle Williams en Katy Perry en boonop is dit meer bekostigbaar as die duurder reekse (wat wissel van $450 tot $1 250 vir ‘n rok – ongeveer R4 000 tot R9 500)! En terwyl die duurder reekse meer gefokus is op sexy lyk, is dié een meer prakties, met A-lyn snitte en some net bo die knie, sodat dit met plat of hoë-hakskoene gedra kan word. Ons kan nie wag om te sien wat Victoria volgende doen nie!