Ons hou van

Reënboogkleure by Melissa

Melissa is in 1971 al in Brasilië gestig, en vandag verkoop hulle skoene in meer as 40 lande, Suid Afrika ingesluit.

Die skoene is regtig oulik en ongelooflik gemaklik, en dat reënboë die inspirasie agter die jongste reeks is, is duidelik.

Geel/Roomkleurige pump - R630

Plastiek het nog nooit so lekker aan ‘n mens se voet gevoel nie, en met al die verskillende style van verskeie ontwerpers soos Vivienne Westwood en Melissa Lady Dragon is daar inderdaad iets wat elkeen se smaak sal pas. Daar is skoene met glans, blinkertjies, asook pragtig eenvoudige style, maar daar is deurlopend ‘n speelsheid in die reeks wat dit soveel pret maak om te dra. Melissa-skoene is ook 100% herwinbaar.

Sagte groen balletskoen met swart strik detail - R590

*Beskikbaar vanaf einde September/vroeg-Oktober 2012

Vir meer inligting, of om ‘n winkel naby jou op te spoor, skakel 010 225 2833

Melissa is ook op Facebook: Melissa South Africa

Twitter: @melissashoes_sa

  • Maryna

    Love die skoene

  • Deidre Jefthas

    Mal oor die skoene en die kleur daarvan. Ek dink nog steeds dis een van my belangrikste bykomstighede. Plus dit lyk so gemaklik.

  • nike 6.0 schuhe

    Absolutely love might typically happy and in addition reasonable answer to the problem most typically associated with individual occurrence.
    nike 6.0 schuhe http://www.nikeschuhedamenherren.com/