Amy Adams by die EE British Acadamy Film- toekennings. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Ons hou van

Rok-voorspellings vir die Oscars PLUS ons kies die sterre se SA eweknieë

Die groot aand is om die draai. En byna net so belangrik soos wie almal met Oscar-beeldjies gaan wegstap, is wat die modes op die rooi tapyt gaan wees. Die Academy Awards is jaarliks ’n spoggerige affêre en dié modes bepaal wat ons die res van die jaar op die rooi tapyt gaan sien.

SARIE se modespan gaan elke dag voorspellings gee van wat húlle dink die benoemde aktrises op die aand van 2 Maart gaan dra. Stem jy saam met hul voorspellings? PLUS ons kies dié talentvolle aktrises se Suid-Afrikaanse eweknieë.

Amy Adams

Amy Adams by die EE British Acadamy Film- toekennings.  FOTO: Gallo Images / Getty Images

Amy Adams by die EE British Acadamy Film-toekennings.
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Amy Adams is benoem vir haar hoofrol as Sydney Prosser in American Hustle.

Sy is beslis ’n gunsteling vir dié groot toekenning, want sy het al verskeie toekennings daarvoor gewen.

Amy is reeds 4 keer vir ’n Oscar benoem vir Beste Ondersteunende Aktrise vir haar rolle in Junebug, Doubt, The Fighter en The Master.

Amy se styl

Amy hou van die outydse Hollywood-styl. Sy kies graag rokke wat tot op die vloer hang. En met haar aarbei-blonde hare lyk sy goed in byna al die kleure.

Wat gaan sy dra?

Ons dink sy gaan ’n glansryke aandrok kies. Dié rok gaan anders wees as wat sy by die vorige toekeningsgeleenthede soos die Golden Globes gedra het. Sy onlangs baie rokke met ’n lae halslyn gedra, ons glo haar Oscar-rok se halslyn gaan anders wees.

Ons kies vir haar hierdie seegroen rok van Zac Posen of die rooi Oscar de la Renta-uitrusting – albei was op die loopplank tydens die New Yorkse Modeweek.

Zac Posen. FOTO: Instagram

Zac Posen FOTO: Instagram

Oscar de la Renta. FOTO: Instagram

Oscar de la Renta FOTO: Instagram

Amy se rokkeuse die afgelope paar maande:

Sally Hawkins

Sally Hawkins in die film, Blue Jasmine. FOTO: Sony Pictures Classics / Jessica Miglio

Sally Hawkins in die film, Blue Jasmine
FOTO: Sony Pictures Classics / Jessica Miglio

 

Sally Hawkins is lank reeds ’n gesogte aktrise, maar is bekend vir haar rolle in kunsfilms.

Sy is benoem vir haar ondersteunende rol in Woody Allen se Blue Jasmine waarin Cate Blanchett die hoofrol vertolk (en ook vir ’n Oscar benoem is).

Sally se styl

Sally dra graag haute couture-uitrustings, maar volg nie die trends nie. Sy kies interessante ontwerpe.

Haar styl is baie vergelykbaar met haar medespeler Cate Blanchett s’n, omdat hulle kanse waag en nie veilig speel nie.

Wat gaan sy dra?

Ons het vir Sally twee uiteenlopende rokke gekies: een van Wes Gordon van New York en een van die Londense mode-ontwerpers Mother of Pearl.

Die lang, gedrapeerde rok van Wes Gordon sal ’n verrassende keuse vir Sally wees, wat nie gewoonlik lang rokke kies nie, maar dalk net vir dié groot geleentheid een sal dra om glansryk te wees.

Die rok van Mother of Pearl is ’n ware weerspieëling van Sally se styl. Die lengte van die rok is ook baie modieus en sal haar kort lengte vlei.

Wes Gordan. FOTO: Instagram

Wes Gordan FOTO: Instagram

Mother of Pearl. FOTO: Instagram

Mother of Pearl FOTO: Instagram

Amy en Sally se Suid-Afrikaanse eweknieë

Ons dink Anel Alexander is SA se Amy Adams – albei se ligte vel en rooierige hare maak hulle unieke skoonhede. Én albei vertolk hul rolle met ’n eerlike aanslag.

Sally se keuse van uitdagende karakters en die manier hoe sy haarself in ’n rol inleef, herinner ons aan SA se Franci Swanepoel.

Die rooi tapyt van die toekenningseisoen op SARIE.com