10b_43_11843_klurz
Ons hou van

2010-modes vir die SA somer

Die meeste van ons sit en bibber nog saans voor die kaggel of verwarmer, maar Suid-Afrikaanse modeontwerpers het reeds hul somervere reg geskud. Vanaf 12 – 14 Augustus 2010 wys ontwerpers hul nuwe somerreekse aan die publiek by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum. Daar behoort vir elkeen iets te wees: vrouereekse, mansuitrustings en selfs swemklere.

Ontwerpersreekse waarna uitgesien kan word:
August
Coppelia
Craig Port
Craig! Native
David West
Dax Martin
Doreen Southwood
Good Clothing
KLûK CGdT
Love Water Love
Michelle Ludek
Ruff Tung
Stefania Morland
Stoned Cherrie Love Movement
Suzaan Heyns
Take Care
Tart
Undacova
Viyella
Wild Fig

Vir meer inligting besoek: www.afi.za.com.

Kaartjies is beskikbaar by computicket