Ons hou van

Marietjie Beeslaar van Skermunkil-juweliers

Wat inspireer jou?
Omtrent alles inspireer my, meestal mense en hul persoonlike styl. Ek kom ook baie op die internet om op hoogte van trends te bly. Op die oomblik inspireer die internasionale geometriese trend my baie.

Hoe het jy begin?
Toe ek klaar geswot het, het ek vir ‘n paar jaar vir ander mense in die industrie gewerk. In 2005/2006 het ek met Skermunkil begin. Ek het ‘n werswinkel gehad op ‘n plaas in die Oos-Kaap en een van my eerste reekse was die “cut-out spoons” die “eetgerei”-reeks. Ek het op daardie stadium ook baie ander items gemaak, deur goed wat ek in antieke winkels gekoop het, te herwerk.

Waar kan mense dit orals koop?
Ons is elke Saterdag by Neighbourgoods mark by die Old Biscuit Mill. Ons verskaf Mungo & Jemima, Take Care en The Fringe Arts in Kaapstad, asook Wolves Café en Superella in Johannesburg. Ons is ook by die Neighbourgoods market in Braamfontein, Johannesburg, elke Saterdag. En ons verskaf Sera Boutique in Bloemfontein. Mense kan ook in die week by ons ateljee by Palmerweg 44 in Muizenberg koop, tussen 9vm en 4nm.

Wat was jou beste beroepsoomblik tot dusver?
Ek dink die beste oomblik was toe ons ons werkswinkel van die huis kon verskuif na ‘n pragtige spasie in Muizenberg. My beste oomblikke is gewoonlik as ek iets nuuts leer en ek iets nuuts kan uitprobeer, en as dit werk …

Met watter materiale werk jy?
 Ons werk in silwer en koper asook emalje, brons en halfedelgesteentes. Ons werk ook in goud en diamante as ons trouringe en privaatbestellings ontvang. En op die oomblik werk ons aan ‘n porseleinreeks ook.


Besoek http://www.eendagopnreendag.blogspot.com/ vir inligting.