voorblad
Ons hou van

007 se beeldskone Bérénice Marlohe – OMEGA se nuutste gesig

Dit kom as geen verrassing dat die Bond-meisie die nuwe gesig van Omega Horlosies is nie.  Sy speel die rol van Severin, ‘n raaiselagtige en misterieuse karakter teenoor twee van Hollywood se aantreklikste akteurs, Daniel Craig en Javier Bardem.

Ná haar debuut rol in die 23ste Bond-fliek Skyfall, was sy die naam op almal se lippe, met haar aanloklikke vertolking van die rol en haar moeitelose skoonheid.

Met haar lenige lyf is sy is perfek en glansryk in die fotosessie vir OMEGA, en is te sien in ‘n hele paar verleidelike uitrustings, afgerond natuurlik met die perfekte OMEGA Horlosie.

Skyfall begin die Vrydag 30 November.