Ons hou van

Slaan jou geliefde se voete onder hom uit in ‘n Oleg Cassini ontwerpers rok!

Oleg Cassini het as jong man uit Frankryk na Amerika gegaan en die wêreld se mode veraltyd verander. Hy was Jacqueline Kennedy se persoonlike ontwerper en het sowat 300 uitrustings aan haar verskaf.  Nou kan jy in die legendariese dame se voetspore volg en in ‘n Oleg Cassini rok spog by jou volgende glans geleentheid of Valentynsete. Hy het ook vir bekende rolprente kostums ontwerp en bekendes soos Marilyn Monroe en Renee Zellweger geklee.

Wat is lekkerder as om verlief te wees en dan nog boonop ‘n pragtige rok aan te hê? Bride & Co het ook so gevoel, daarom verskaf hulle nou ‘n reeks rokke vir spesiale geleenthede. Van skemerkelkie-rokke vir ‘n romantiese Valentynsdag tot lang aandrokke gepas vir matriekafskeid. Gaan maak ‘n draai by die Canal Walk of Rivonia Bride & Co om vir jou ‘n nuwe uitblinker rok van Oleg Cassini te koop.

Vir meer inligting kontak: 086 244 329 of besoek http://www.brideandco.co.za