rokke_4x3
Ons hou van

Soek jy ‘n uitrusting vir jou jaareindfunksie? Ons kan help!

Om aanlyn te koop is nie net ‘n trend nie, dis gerieflik, veilig en jy kan presies vind waarvoor jy soek sonder om van winkel na winkel te gaan. En onthou, jy kan maklik én gratis jou aankope terugstuur indien dit nie pas nie. So, selfs die terugstuur is nie ‘n drama nie. 

Hier’s ‘n paar voorstelle vir verskillende funksies – volle uitrustings spesiaal vir jou uitgekies deur die SARIE aanlynwinkel-span.

MIDDAGETE-KUIER

Sleutel-item: Jou gekleurde Sabine-jean van Slick (R499).

Vir die somer is daar hope gekleurde denims oral te sien. Wat hierdie een besonders maak, is sy vermoë om te kan rek en rék. Die seisoen se moet-hê denim.

Sabine-jeans

DRA DIT BY:

Jacqueline-belttop van Just (R550). Dit het knoop agter – knoop dus die top sodat dit by jóú figuur pas.

Jacqueline-belttop

Zianne-hakke van Zoom (R399) – superklassiek!

Zianne-hakke

Greta-oorbelle van G Couture (R59) – die perfekte afronding

Greta-oorbelle

NA ‘N TEETUIN

Jou sleutel-item: Reeva-romp van Ruff Tung (R490).

Reeva-romp

DRA DIT BY:

Sezanne-top van Slick (R350).

Sezanne-top

Zoey-balletskoene van Zoom (R229)

Zoey-balletskoene

Jenn-handsak van Jinger Jack (R795)

Jenn-handsak

‘N SKEMERKELKIE

Jou sleutel-item: 8-in-1-rok van Habits (R700)

Dís nou waarde vir geld. Dis ongelooflik elegant, en iets wat jy op soveel maniere kan dra as wat jou verbeelding toelaat, alhoewel die ontwerper jou agt maniere wys om mee te begin.

8-in-1-rok

DRA DIT BY:

Mandy-armband van Ms Match (R330) – maak ‘n stelling!

Mandy-armband

Slangvel-hak van G Couture (R370). Platformhakke is altyd gemakliker as wat dit lyk, en ’n slangvelpatroon, nes die res van die diervelpatrone daarbuite, pas by omtrent alles.

Slangvel-hak

Mirelle-oorbelle van Ms Match (R180)

Mirelle-oorbelle

‘N FORMELE AAND UIT

Jou sleutel-item: Marianne-rok van Colleen Eitzen (R1 090).

Inkblou, ook bekend as “French navy”, is die kenteken van sofistikasie. Dié kleur is nader aan swart as aan vlootblou, maar het steeds ’n blou skynsel. Die vlermuis-moue drapeer oor die hele lyf. Dra dit met óf sonder ’n belt – jy gaan vir seker die koppe laat draai.

Marianne-rok

DRA DIT BY:

Lizelle-hofskoen van Sam Star (R750).

Lizelle-hofskoen

Madri-oorbelle van Ms Match (R280).

Madri-oorbelle

Zuraida-sak van Zoom (R530). Dié blink nommer, met die besonderse, tong-in-die-kies detail op die handvatsel, is ’n modeliefhebber se droom.

Zuraida-sak

NA ‘N DEFTIGE RESTAURANT

Jou sleutel-item: Tamia-romp van TGCG (R399)

Die naatdetail en die rekstof maak hom baie sexy, en boonop gemaklik. Lyk soos ’n miljoen dollar terwyl jy voel of jy ’n sweetpak aanhet.

Tamia-romp

DRA DIT BY:

Fifi-peplumtop van Friede-Mari Kellerman (R550). Die peplum is die perfekte ding vir ’n vrou se figuur. Dit gee rondings vir die vrou wat nie het nie, en beklemtoon dié van die wat het.

Fifi-peplumtop

Addison-belt van Amanda Laird-Cherry (R150).

Die vorm is mooi dun, fyn en vroulik, met ’n interessante, langer gespe.

Addison-belt

Emtia-hak van Errol Arendz (R1 400).

Die vyftigers-ideaal: ’n mooi punttoon en baie dun, elegante hakkie. Ongelooflike waterverfpatroon. As gevolg van die patroon is elke skoen uniek, maar nie so verskillend dat dit nie bymekaar pas nie.

Emtia-hak

SJAMPANJE-ONTBYT

Jou sleutel-item: Santilly-top van Slick (R399)

Die nuwe T-hemp is vierkantiger, met nouer moue en ’n V-nek. Dié een is ’n perfekte voorbeeld daarvan. Die sleepstyl (langer agter as voor) is boonop vleiend.

Santilly-top

DRA DIT BY:

Cindy-jeans van Crave (R345). Die seisoen se beste kleur! Maar die geheim van hierdie jeans is die super-rekbaarheid. Denim wat nie rek nie is nie die moeite werd nie. Met ander woorde, dié paar is ’n wenner!

Cindy-jeans

Zoey-balletskoene van Zoom (R229).

Zoey-balletskoene

Marinda-oorbelle van Ms Match (R295).

Marinda-oorbelle

Addison-belt van Amanda Laird-Cherry (R150).

Addison-belt

‘N GEMAKLIKE PIEKNIEK

Jou sleutel-item: Marie-maksi van Michelle Ludek (R695).

Wat ’n fantastiese kleurkombinasie! Perfek saam met ’n T-hemp of frokkie, met of sonder ’n belt. Speel met die neklyn totdat jy kry waarvan jy die meeste hou.

Marie-maksi

DRA DIT BY:

Brenda-handsak van Black Cherry (R360). ’n Klassieke ontwerp uit die 70’s. Die afsonderlike kompartemente binne-in help jou om jou goed te orden.

Brenda-handsak

Avril-midihakke van Amanda Laird-Cherry (R695).

Dié vorm staan bekend as die “flatform” – ’n platter weergawe van ’n platformskoen. Die lae wighak is gemaklik en modieus. Dis perfek vir enigeen wat kla dat hakke ongemaklik is!

Avril-midihakke

‘N DEFTIGE DANS

Jou sleutel-item: Lindi-eenskouerrok van MarethColleen (R850).

Die eenskouersnit en gedrapeerde voue maak dit ongelooflik vleiend. Net reg vir ’n aand van glans.

Lindi-eenskouerrok

DRA DIT BY:

Shelley-platformhakke van Sam Star (R870).

Shelley-platformhakke

Ginger-oorbelle van G Couture (R59).

Ginger-oorbelle

Luiperd-palmtas van G Couture (R299).

Luiperd-palmtas