Ons hou van

Sokker op jou mou

Wees ‘n vlagdraer vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi saam met die plaaslike ontwerpers Ida-Elsjé en Philippa Green en diamantaire Gregory Katz. Hul bydrae tot die sokkerfees is juwele vir mans en vroue.

Vir die mans is daar sokkerbal-mansjetknope (R8 600) van silwer en diamante.

Vroue kan op hul beurt hul neklyn versier met ‘n sokkerbal-hangertjie (R2 100) van silwer en ‘n diamant van 0.04 kar.

Vir meer besonderhede, kontak Situ Diamond Jewellery by 021 424 1101 of besoek www.situ.co.za.