06a_6b
Ons hou van

Somerinspirasie van Louis Vuitton

Die Louis Vuitton-vertoning, gehou in die binnehof van die Palais-Royal in Parys, was ‘n absolute hoogtepunt. Die ingang en binnehof is spesiaal vir Louis Vuitton versier deur Daniel Buren. Die agtegrond is geskep met roltrappe wat op en afloop na ‘n platform versier met groot wit en geel vierkante.
Die ingang na die Louis Vuitton vertoningDie "checkerboard" platform waarop die modelle geloop het

Waar Louis Vuitton se vorige seisoen romanties was, is hierdie seisoen ‘n totale ommekeer. Die lyne is wiskundig: sterk kolomme en vierkantige lyne wat ook op die patrone verskyn. Alhoewel die voorkoms minimalisties is, is die vakmanskap waarvoor Louis Vuitton bekend is ongelooflik. Fyn blinkertjies is gebruik op seker items om vloeiende metaaloppervlaktes te skep.
Geometriese vierkantige patrone wat oral sigbaarSnyerspakke met apliekwerk

Hierdie vertoning was ook die eerste keer wat die bekende LV-monogram nêrens sigbaar was nie. Dit is hoekom die klem so sterk gelê het op die skaakbord-effek van die patrone. Selfs die ingang na die vertoning was die kenmerkende “skaakbord” van Louis Vuitton.
Wit op wit tekstuur kombinasieApliekwerk

Word hier deur die volle vertoning meegevoer:

Vir meer inligting kontak 011 784 9854 021 405 9700 of besoek www.louisvuitton.com

  • theresa

    baie anders sal nie dranie

  • guild wars 2 gold

    Hello to every , as I am actually eager of reading this website’s post to be updated daily. It carries good information.
    guild wars 2 gold http://www.guildwars2gold.com.au