highres
Ons hou van

Speel-speel om jou nek

Neem “The Beautiful Game” na jou hals met dié foosball-mannetjie (R480) deur die plaaslike juweliersontwerper Geraldine Fenn, wat ook deur die Wêreldbeker-gogga gebyt is. Foosball, ook bekend as tafel-sokker, is ‘n spel wat deur oud en jonk wêreldwyd geniet word.

Dié hangertjie is slegs beskikbaar by Tinsel. Vir meer inligting, kontak 011 726 7269 of besoek www.tinsel.co.za.