Ons hou van

Sprokiestyd

In die volgende twee jaar gaan Hollywood die een sprokie ná die ander die lig laat sien – elkeen donkerder as die weergawe wat ons onthou. Selfs ’n plaaslike mode-ontwerper soos Vesselina Pentcheva en groot modehuise soos Elie Saab, Miu Miu en Valentino het by onlangse modevertonings húl ontwerpe ekstra oemf gegee met ’n sterk dosis sprokie-towerkrag.  

Kyk in SARIE se Junie 2012-uitgawe (beskikbaar vanaf 14 Mei 2012) vir die sprokiesflieks wat in 2012 gaan vertoon.

Mui Mui  Miu Miu
Vesselina Pentcheva Vesselina Pentcheva se kleed by die SA Modeweek herinner aan Rooikoppie
Aspoestertjie-styl skoene van pers kunssuéde (R270), Inwear @ TRUWORTHS Aspoestertjie-styl skoene van pers kunssuéde (R270), Inwear @ TRUWORTHS
Goue kroonring (R240), Cloak & Dagger Goue kroonring (R240), Cloak & Dagger