tosoni_suede_boot_with_w_ankle_stud_strap_black_r1795_
Ons hou van

Die régte stewel vir jou

Volgens gerugte het prins William se pragtige bruid die verkope van knielengte stewels (soos dié swart suède-stewel met ‘n band om die enkel – R1 795 – van Tosoni, foto bo) tot soveel as 663% die afgelope maand in Brittanje laat styg. Ma Carole en sus Pippa deel haar liefde vir dié stewelstyl.

Maar enkellengte stewels is óók nuus. Maak seker dat jy dié winter belê in die perfekte stewel vir jóú. 

“Skoene vorm ‘n geheel van ons taal, dit is die uitdrukking van onsself, ons buie en identiteit,” sê Martine Guise, Spitz se hoofaankoper.

“Opryg-detail voor en agter, rekbare nate, plat stewels, stiebeuel-tipe detail, gespes en knope om die enkels is alles groot trends hierdie winter.”

Hier is ‘n paar in-die-kol-stewelstyle by Spitz.

Vir meer inligting, besoek www.spitz.co.za of kontak hulle by 011 707 7300.

Carvela Stewel Lacoste enkel stewel

Piouter-en-swart gekwilte
Wellington-stewels
(R1 995) , Carvela

Swart enkelstewel (R795), Lacoste

  • Yvette O

    Ek hou van "square" toed swart leer stewel met medium bree hak wat jaaaaaaaaaare terug by Woollies te koop was… enige iemand ‘n idee waar ek nou kan koop ?