Ons hou van

Streep voort

Strepe is steeds koning in die modewêreld, maar dié patroon was nie altyd iets wat jy in goeie geselskap gedra het nie. Dit was eerder kenmerkende drag van vroue van die nag. Gelukkig het dit alles verander danksy Coco Chanel se bretonstrepe, wat geïnspireer is deur die Franse matroos-uniform. Skielik was strepe iets begeerliks. Vir winter 2012 is strepe oral, soos te sien by modevertonings van Tommy Hilfiger, DKNY, Kenzo en Salvatore Freeragamo. Nou is hulle die sjiek eenvoud tussen die oorvloed blomme en geometriese patrone wat op die winkelrak is. Plaaslike ontwerpers soos Colleen Eitzen is ewe lief vir strepe.