Ons hou van

Styl volgens Lianie May (en Fanie oor haar uurglas-figuur)

Skoene Ek was nog nooit eintlik ‘n skoene-fan nie, maar later met optredes en onderhoude, het ek al hoe meer belangstelling in skoene begin kry… ek hoor skoene is net so belangrik soos jou uitrusting.

Handsakke Ek is eerlik as ek sê ek het 2 goeie handsakke op my naam. Solank my beursie en selfoon veilig is, is ek gelukkig…

Denim Ek is mal oor denims, dra dit oral. Ek het al partykeer, wanneer ‘n nuwe denim lekker dra, ‘n tweede een in dieselfde styl gaan koop. Dan het ek twee denims wat lekker dra!

Rokke Ek is ook mal oor rokke, veral as jy die geleentheid het om ‘n mooi rok aan te trek na Skouspel of Tempo- en Vonk-toekennings. En ‘n sexy swart rokkie is ‘n moet, en iets wat jy na enige geleentheid kan dra.

Juwele Ek hou van oorbelle en my horlosie, waarsonder ek nooit uitgaan nie. (Dit was ‘n geskenk van Barry, my verloofde).

Lipstiffie Ek hou van sagte pienk en ligte bruin, dis my gunsteling en dit lyk altyd natuurlik.

Parfuum Ek is gek oor parfuum en het onlangs J’Adour present gekry. Dit ruik heerlik en dis lekker as mense jou komplimenteer en vra watter parfuum jy dra!

Winkels Ek hou nie eintlik van winkels nie, veral as ek die pryse sien! Maar as kunstenaar probeer jy altyd goed op die verhoog lyk en daarvoor moet ek shop.

Restaurante Ek hou van enige lekker restaurant met lekker kos. Ek is ‘n Boeremeisie en enige plek, van Ocean Basket to Adega in Zambesi, Pretoria, sal deug.

Musiek Ek hou van enige musiek, ek het grootgeword met musiek!

Selfoon Dit gaan nie vir my oor ‘n fênsie selfoon nie, dit het my nog nooit gepla nie. Ek wil net oproepe maak en ontvang!

Lianie May se uurglas-figuur

Lianie het ‘n uurglas-figuur en ‘n mooi cleavage. Hierdie is haar treffer-halslyne. Ook vir jou as jy, soos Lianie, groter borste het.

Vierkantige nek ‘n Vierkantige neklyn hou borste in posisie en plaas fokus op jou middel.
U-nek ‘n U-nek, scoop-nek of sweetheart-neklyn wys net genoeg vel sonder om te ontblotend te wees.
V-nek

‘n V-nek laat jou nek lank en elegant lyk.