Ons hou van

Bekende Britse modereeks nou in die land

Sedert die handelsmerk in 1999 in Cambridge begin is waar ‘n groep vriende hul liefde vir grafiese ontwerp, kuns en “street style” in ‘n klerereeks omskep het, is Supremebeing gesog onder jong modekenners. Die 2012 sport- en straatstylreeks vir vroue het wat hulle noem ‘n “retro nerd-gevoel. Die reeks het rompe met hoë middelbande en oorgroot sakke in geruite stof en uitgewaste blou denim. Die reeks is beskikbaar by Plan B boutique in Kaapstad.Skakel 021 422 4017 vir meer inligting.