Ons hou van

Taylor Swift se rok: JA of NEE?

Die 23-jarige sangeres het haar jong voorkoms verruil vir ouwêreldse Hollywood-glans tydens MTV se toekenningsaand vir die beste musiekvideo’s.

Daar was glo ‘n koue atmosfeer tydens vanjaar se MTV musiekvideo-toekennings tussen Taylor Swift en haar eks-kêrel Harry Styles van die seunsgroep One Direction.

Maar sy teenwoordigheid het haar nie onder gekry nie. Sy het met baie selfvertroue in dié laehalsrok die geleentheid bygewoon.

Nou kan jy jou mening gee – is Taylor se Hollywood-voorkoms ‘n treffer of ‘n flop?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons facebook– of Twitter-blad!

Taylor Swift