tn_20winter_205
Ons hou van

Tiaan Nagel se winterreeks

Nagel kan liries raak oor die ontwerpe van die Japannese argitek Tadao Ando: die skone eenvoud; die geomterie. En sy jongste reeks, vertel hy, is beslis deur Ando se werk beïnvloed. Jy kan kontrasterende kleure, gestruktureerde moue, vere-detail, chiffon, katoen en wol verwag. Die klere se strak lyne gee definisie aan ‘n reguit silhoeët, en leer-belde, om die middel gedra, sorg vir ‘n tikkie vroulikheid.

Die reeks is gefotografeer deur ‘n ou medewerker, Ross Garret. Lesley Whitby en Sadique Ryklief het gesorg vir die hare en grimering, en die model is Esmarie Mouton van Ice Model Management.

Besoek www.tiaanangel.com vir inligting, of gaan loer in by die winkel in Stanley-laan, Milpark, Johannesburg.