sr1212_insperasie_blad_5_

Tinarie van Wyk-Loots het in 2012 vir SARIE se aanlynwinkel model gespeel

Ons hou van

Bekroonde aktrise speel model vir SARIE se aanlynwinkel

Tinarie Van Wyk-Loots is een van SA se belowendste aktrises, en was ook SARIE se 2012-Kanna-wenner by die KKNK. Sy’t die toekenning ontvang vir haar toneelspel in Babbel, die bekroonde buitelugproduksie van Nicola Hanekom, en die laaste in ’n trilogie. Dit volg op Betésda (2010) en Lot (2011).

Sy het haar Kanna aan haar ma opgedra wat in 2008 met kanker gediagnoseer is.

Vir ons nuutste aanlyn-modetydskrif het Tinarie model gespeel in 12 van die mooiste rokke – enigiets van vieruur-tee tot jou glansryke uur.

Kyk ook uit vir haar in die nuwe TV-advertensies vir SARIE se aanlynwinkel op kykNET.