Ons hou van

Trotseer die koue – gestewel en gespoor

Elke skoenliefhebber weet g’n winterkas is volledig sonder ’n paar pare stewels nie. Nie een nie, maar twee of selfs drie!

promotion tag

Dit is ook hoe jy sal voel as jy begin kyk na FOOTWORK se moet-hê-stewels. Daar is soveel vars style in die seisoen se ín-skoen dat jou klassieke swart stewel beslis ’n maat of twee gaan bykry.

Ongeag of jy ’n knap begroting het en of jy sommer net lus is vir koop, FOOTWORK maak stewel-kopies maklik sodat jy die koue weer kan oorleef en terselfdertyd die strate stylvol invaar. Van dag-tot-dag-enkelstewels wat jy by enigiets kan dra tot sexy oor-die-knie-style, kry jou herfs-skoenkas gereed en trotseer die seisoen gestewel en gespoor.

Aanlyn beskikbaar by: www.zando.com, www.superbalist.com, www.spree.com.

Blaai deur die galery vir ’n versameling Footwork-stewels!