Ons hou van

Tweetazela

Uiteindelik is die Wêreldbeker-sokkertoernooi hier! Viva 2010 wat ons plaaslike ontwerpers se kreatiwiteit prikkel.

Ons nuwe gunsteling-sokkerinspirasie vir hierdie week is die tweetazela – ‘n kuiken op ‘n vuvuzela.

Sokkies, handskoene en kussings in die kleure van die SA vlag is goed wat jy nie aldag gaan gebruik nie, maar ‘n borsspeld (R850) van sterlingsilwer en ‘n dasspeld (R1 050) is iets wat jy elke dag kan dra.

Dis boonop plaaslik vervaardig.

Vir meer inligting, kontak Freerange by 021 418 3607 of besoek www.freerangejewels.co.za.