modekas5
Ons hou van

Uit die SARIE-modekas 2012

5 JUNIE 2012

‘n Rëenjas is altyd perfek vir die winterdae. Hierdie jas se sag pienk shiffon moue is baie vroulik en maak ‘n praktiese klere item ‘n baie modieuse ene ook!

Wat dra Elsabe? Rëenjas van Mari & Me, wighakskoene van Aldo.

22 MEI 2012

‘n Stylvolle leerbaadjie is altyd ‘n goeie belegging. Hierdie baadjie se kleur is iets anders van die gewone swart en bruin wat mens gewoonlik sien.

Wat dra Elsabe? Leer baadjie van Diesel, rok van Mari & Me.

7 MEI 2012


Die winter is stadig besig om nader te kruip en ‘n staatmaker-jas is ‘n moet hê in enigeen se klerekas!

Wat dra Luzanne? Jas van Zara. Twee-kleurige kraaghemp van Jo Borkett. Staatmaker-spanbroek van August by sarie.com. Stewels van Nine West

12 APRIL 2012


Maksi-rompe bly hoogmode (én gemaklik) hierdie winter. Dra dit met ‘n top of bloes wat bietjie stywer sit en enkelstewels om dit meer byderwets te maak.

Wat dra Friede-Mari? Lang T-hemp van kant van Guillotine by sarie.com. Maksiromp van Christopher Strong. Halssnoer van Accessorize. Enkelstewels van Zoom.

3 APRIL 2012

Hierdie uitrusting is baie gemaklik en laat my sommer uitsien na die wintersnaweke wat kom.

Wat dra Mareth? Trui van Mango. Moderne spanbroek van Christopher Strong by sarie.com. Stewels & handsak van Zara. Hoed van Old Khaki.

28 MAART 2012


Vandag se uitrusting is ‘n manlike-styl. Die harem-broek en snyersbaadjie is nog in hierdie winter en is ‘n goeie kombinasie!

Wat dra Friede-Mari? Hoed van Accessorize, top van Poetry, snyersbaadjie van Zara, broek van Georgie.B en hakskoene van Mr Price.

23 MAART 2012


Somer is iets van die verlede, maar wie kan so vrolike blompatroonrokkie weerstaan? Die nommertjie is perfek vir enige geleentheid, van ‘n tee-partytjie tot ‘n troue!

Wat dra Luzanne? Rok met blompatroon van Jo Borkett, halssnoer en breërandhoed albei van Accessorize, hakskoene van Nine West

22 MAART 2012


Swart en wit: altyd elegant. Meng swart en wit nes jy wil – in die Maart-uitgawe van SARIE het ons gewys hoe veelsydig dit is!

Wat dra Elsabe? Jas van Mango, rok van Mari & Me en wighakke van Truworths.

5 MAART 2012


Met die keuse van vandag se uitrusting het vrolike vroulikheid my geïnspireer. Gaan kyk in die SARIE-winkel vir vroulike bykomstighede vir die winter.

Wat dra Friede-Mari? Rok van Lipsy, kant handskoene van Accessorize en hakskoene van Wild Orchid.

2 MAART 2012


Hierdie tyd van die jaar begin ons modekas stadig maar seker voller raak met winter items wat julle teen Mei/Junie in die hoofboek sal sien. So, daarom is my uitrusting vandag meer vir ‘n bewolkde dag.

Wat dra Elsabé? Luiperd motief trui, Mango; Leer belt van Mari and Me; Maksiromp van Marion and Lindie; leer en suede hakskoen is van Nine West.

28 FEBRUARIE 2012

Wie het gesê pienk is net vir dogtertjies? Vandag kombineer ek ‘n helder pienk denim met ‘n prettige patroon hemp, ideaal vir die somer.

Wat dra Luzanne? Oorgroot hemp van Natalie Creed, Pienk denim broek van Sissy Boy en hakskoene van Vicenza

23 FEBRUARIE 2012


Vir my is daar niks beter as ‘n maksi-rok vir die somer nie. Ek is mal oor die rok se ligte kleure en dat die soom korter voor as agter is.

Wat dra Mareth? Maksi-rok van Slick, skoene van Coast to Koi en bykomstighede van Accessorize.

21 FEBRUARIE 2012


Die uitrusting is perfek vir die dag, die kombinasie is gemaklik en eenvoudig met ‘n bietjie skop. Ek is mal oor die sagte pienk saam met die groen en blou bykomstighede.

Wat dra Luzanne? Kameel-kleurige langbroek van Poetry, pienk hemp van Take Care, groen geweefde belt van Slick, hakskoene van Vicenza en halssnoer van Tessa Designs.

 17 FEBRUARIE 2012


Skuif maar jou ou gewone blou of swart denimbroek vir ‘n rukkie opsy, want hierdie winter is juweel-kleurige denimbroeke hoogmode. Van robynrooi tot smaraggroen – hou dit stylvol met ‘n sagte, roomkleurige bloes en klassieke baadjie.

Wat dra Mareth? Baadjie van Zara, bloes van Marion and Lindie, denimbroek van Zara, handsak van Accessorize en hakskoene van Vicenza.

31 JANUARIE 2012


Polkakolle bly maar ‘n wenner! Vandag kombineer ek dit met ‘n prettige turkoois romp en breërand-hoed.

Wat dra Luzanne? Breërand-hoed en armband albei van Accessorize, polkakol-bloes van Jo Borkett, romp van Mungo & Jemima en skoene van Nine West.

30 JANUARIE 2012


Ek is mal oor hierdie veldskoen wighakke en die helderkleurige leer handsak. Ek gaan definitief my winter klerekas ‘n bietjie ophelder met die denim broek en baadjie.

Wat dra Mareth? Baadjie van The Lot, denim hemp van Sissy Boy, broek van Country Road, handsak van Missibaba en veldskoen wighakke van Zoom.

25 JANUARIE 2012


Jy kan nie verkeerd gaan met ‘n klassieke swart nommertjie nie. Vir my sal hierdie rok nooit uit die mode gaan nie en met die regte bykomstighede kan jy dit elke seisoen byderwets maak…

Wat dra Mareth? Rok van Christopher Strong, halssnoer van Accessorize, hakskoene van Luella.

23 JANUARIE 2012


‘n Denim-rokkie en “nude” hakskoene is altyd ‘n wenner. Dra dit by enige geleentheid en sit gerus iets kleurryk daarby, soos my dun belt.

Wat dra Elsabé? Hemprok van denim, Sissy Boy, belt van Wardrobe en skoene van Zoom.

20 JANUARIE 2012


Hierdie hakskoene is die perfekte partytjie-skoene! Hulle doen al die praatwerk by hierdie uitrusting en kan enige klassieke rok opvrolik en prettig laat lyk.

19 JANUARIE 2012


In hierdie rok wil ek in die rondte draai op musiek uit die 1920’s.

Wat dra Friede-Mari? Rok van Christopher Strong, fascinator van Accessorize en hakskoene van Aldo.

18 JANUARIE 2012


Ek is mal oor veremotiewe op klere-items. Boonop is die soom, wat voor kort is en lank agter, ‘n mode-trend dié somer.

Wat dra Elsabé? Halssnoer van Mystical, vere-motief rok van Sissy Boy, hakskoene van Zoom.

16 JANUARIE 2012


Geel was gisteraand ‘n groot treffer by die Golden Globes en ek dink dit is ‘n fantastiese kleur vir somer.

Wat dra Mareth? Rok van Marion & Lindie, skoene van Lilikoi, en armbande van Accessorize.

13 JANUARIE 2012


Iets prettigs vir die naweek! Onthou, kleurblokke is steeds ‘n groot modetreffer vir die somer.

Wat dra Elsabé? Geel hemp en handsak van Wardrobe, geplooide romp van Jo Borkett en skoene van TRUWORTHS.

12 JANUARIE 2012

Blinker hemp en romp albei van Wardrobe, hakskoene van Lilikoi.

Vrolike voorkoms! Dié prettige kleurkombinasie is ideaal vir die somer.

Wat dra Luzanne? Blinkerhemp en romp, albei van Wardrobe, hakskoene van Lilikoi.

11 JANUARIE 2012

Rok van Mari and Me, serp van Zara en hakskoene van Zoom

Met hierdie rokkie is jy reg vir kerk, werk én ‘n drankie na werk! 

Wat dra Friede-Mari? Rok van Mari and Me, serp van Zara en hakskoene van Zoom.

9 JANUARIE 2012

Rok van Christopher Strong, hakskoene van Zara, handsak van Mystical, halssnoer van Accessorize

Hiedie uitrusting voel vir my vars, stylvol en reg vir die nuwe jaar!

Wat dra Mareth? Rok van Christopher Strong, hakskoene van Zara, handsak van Mystical, halsnoer van Accessorize.

  • Elbe Erasmus

    Ja nee, Daar gaan die jonger dames, met die dun lyfies en ons middeljariges met die ronde (meer volwasse lyfies) staan maar weer droebek. Sommige van die klere sien ek kans voor, maar nouja sal maar sien?!

  • Elize van Vuuren

    Ek hou van vandag se Streetwise Fashion, dit is nou iets wat ek ook graag sou wou dra….met my middeljarige, ronde, kort bolyf en al….

  • SUNETTE

    DIT IS BAIE OUDEDOOS
    WAAR GAAN JULLE SMAAK HEEN. PARTY VAN DIE KLEDING STUKKE PAS NIE EERS SAAM MET DIE ANDER NIE

  • Siesa

    nou gaan op "n dieet! jy kan mos nie dikbek wees oor ‘n ander persoon beter lyk as jy nie!

  • Lien Pieterse

    Hoerah vir Elbe Erasmus!. Dis mos, lyk my net die maeres en dunnes wat trou, swanger raak en wil uitgaan. As ons gewone vrouens so iets wil doen is daar net hierdie afgryslike goed in die winkels.

  • petru tolmay

    Verbeel ek my of dra die modelle geen grimmering nie? Dit lyk maar bietjie bleek.

  • eftxwzhwrsw

    uiAaU3 bmijdrcbpgnh, [url=http://vejivbrqjiiy.com/]vejivbrqjiiy[/url], [link=http://swhrjzqpctyz.com/]swhrjzqpctyz[/link], http://cikbzwzhvbft.com/

  • shstklagls

    Bu05u3 mxmcmkckvufb, [url=http://xpuuxweuitok.com/]xpuuxweuitok[/url], [link=http://uymzgevkcvmz.com/]uymzgevkcvmz[/link], http://lawqizuxsgsg.com/

  • Cornelia Prinsloo

    Vir ‘n grootte 38 is daar nie juis veel nie! Sit vir ons standaard saam met elke uitgawe so paar mollige meisies by, asseblief!

  • Tina Loftus

    Mix is the new Match! Deesdae kan mens amper enigiets saam dra en daarmee wegkom! Wees waaghalsig met mode! ‘n Pluimpie vir die SARIE Modekas – dis propvol inspirasie!