Ons hou van

Vir die voller figuur

Die nuwe Dream Curves Beauty Care-reeksis onlangs bekend gestel en is spesiaal ontwerp vir ‘n vrou met kurwes. Dream Curves spesialiseer in onderklere wat vorm gee. Die materiaal is sag met kantinsetsels en gemaklike afwerking. Die reeks is tydloos en wonderlik vroulik.

Kry dit by Les Femmes in Pietermaritzburg (033 394 1123), The Corsetiere in Linksfield (011 264 0174), Kriss in Sandton City (011 783 0901), Bretties in Morningside (011 783 3528) of The Corset Centre in Pretoria (012 460 6468).

Kontak Molly by 021 433 2614 vir inligting, of besoek www.empreinte.eu.

  • Elsabe Ferreira

    As julle die modelle bo as die ‘voller figuur’ beskryf, het julle geen idee hoe LYK ‘n voller figuur nie.
    Jy kan dit sien in die winkels waar klere vir voller figure verkoop word, dis aaklig.
    Moet ‘n brandmaer ontwerper wees wat klere vir sekere winkels ontwerp. Geen, maar geen idee wat nodig is in styl, snit, stof, kleure ens.

  • Marié Lategan

    Survivor! Ee kan nooit moeg word om na Manli se gesiggie te kyk nie, want mens vereenselwig jouself met al die gemengde emosies van jongvrou-wees daarin.
    X

  • realiteit

    Die modelle lyk nie vir my na die "voller figuur" soort nie hulle lyk normaal!!!!!

  • Alicia

    Daar is geen manier dat die model ‘n "voller figuur" het nie. Ek sal nie omgee as my "voller figuur" so lyk nie!? Julle skep ‘n wanindruk vir ons land se dames!!