Ons hou van

T-hemde met vlae

Esprit gaan tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi elke deelnemende land se vlag hoog laat wapper met hul T-hemde. Modebewuste ondersteuners sal die trotse vaandeldraer van hul gunsteling-span kan wees met T-hemde met die landsvlag van rynsteen daarop. Dié T-hemde van Esprit is van 100% katoen en kos R149.

Vir meer inligting, kontak:
011 684 2719,
021 683 5540,
021 418 0942,
021 552 0131,
031 566 3149.