Ons hou van

Vlootstyl

Hierdie helder, stylvolle bykomstighede sluit in alles van belde tot hoede, juweliersware, serpe en beursies, en die groot plus is dat dit bekostigbaar is. Elke seisoen word die reeks deur ’n nuwe tema beïnvloed. Volgens 4Flavour Accessories is die één ding wat elke vrou móét hê ’n mooi serp. Dit rond alles af, en is ’n maklike manier om kleur in te bring. Hierdie reeks is van vandeesmaand beskikbaar in YDE-winkels.