Ons hou van

Vroulik en vrolik met Balmain

Mooi was nog nooit lelik nie! Balmain se Lente/Somer 2013-bemarkingsveldtog is ‘n perfekte mengsel van kleure, patrone en style en beloof dus ‘n baie unieke ensemble.

Die skeppende direkteur van die modehuis, Olivier Rousteing, speel rond met ‘n verskeidenheid van pastelkleurige items en interessante patrone, maar hou dit tog vars en onopgesmuk met eenvoudige kontoere en ontwerpe.

Die Russiese model Anna Selezneva is as die gesig aangewys vir Balmain se Lente/Somer 2013-veldtog, en dra by tot die elegansie wat hierdie veldtog oplewer.

Gaan lees gerus verder by www.catwalkqueen.tv of besoek die webtuiste by www.pierrebalmain.com    

Hier volg ‘n kort, maar uiters stylvolle video wat deel vorm van die 2013-veldtog: