519658h
Ons hou van

Vroulike individualisme

Ons hou baie van die bevrydende modes van die vroeë herfsreeks van modehuis Louis Vuitton. Dit is geïnspireerd deur die tekstielware van kunstenaar Louise Bourgeois en die Art Deco-gevoel van Bertolucci se fliek, The Conformist (1970).

Hiermee bring Louis Vuitton hulde aan dié vroue wat in die twintiger- en dertigerjare mansklere, selfs mansaandpakke vir die aand, gedra het en nie bang was om agter die stuur van stroombelynde motors gesien te word nie.

Dit was in die Art Deco-era belangrik vir ‘n vrou om, gewapen in haar bevrydende klerekas, die wêreld te verower terwyl sy die weelde van haar nuutgevonde vryheid geniet. Maar die Art Deco-diva van 2011 – geklee in tweed, sy en vere – verleen ‘n tikkie feestelikheid aan herfs met haar aura van weelde, sensualiteit en mag.

En die sleutelvoorkoms vir die seisoen? Broeke en items van sykeperstof (twill)!

MET DIÉ ITEMS KRY JY DIÉ VOORKOMS:

1. JAS

Bouché tweed jas

Dié bouclé tweed met sy tweekleurvoorkoms herinner aan die blou kleurgebruik van Louise Bourgeouis se tekstielware. Die jas is prakties, vollengte met dubbelknope en bied dieselfde beskerming as ‘n mansoorjas.

2. ROK

Oorslaanrok van syagtige breistof en kubismotiewe

Die Art Deco-geïnspireerde rokke lyk bedrieglik eenvoudig met opsetlik onversierde neklyne. Gebreide kasjmierbandjies sorg darem vir ‘n bietjie warmte. En die laag-op-laag-voorkoms wat die bypassende kortmouhempie skep, sorg vir eenvormigheid en suggereer warmte.

Vir die aand is bandjies versier met blinkertjies. Die blink en die matvoorkoms van die rok met sy gestreepte sy, Fortuny-plooitjies, hoë middellyn en blaartjierand-afwerking, is interessant kontrasterend.

Dié oorslaanrok van syerige breistof het kubusmotiewe wat aan Picasso herinner.

Hemprok van kubisbedrukte sykeperstof

3. MANSSTYL-BROEKE

Langbroeke met ‘n ruim snit en opslaanpype se voorkoms is manlik, maar nie hard nie. Hou jou lyf Marlène Dietrich – ‘n voorkoms wat aktrise Diane Keaton ook graag dra.

4. DIE NUWE SOOMLYN

Die nuwe soomlyn het tot nét onder die knie gesak. Vleiend en vroulik!

Aanddrag

5. MENG EN PAS

Dié tema is deurlopend in dié Louis Vuitton Art Deco-diva-reeks. Die voerig moet by die rok pas en die bloes by die skoene.

6. GEOMETRIESE PATRONE

Rokke lyk of dit uit ‘n enkele stuk vierkantige materiaal gesny is. En wys gerus een skouer!

HOE LYK DIE BYKOMSTIGHEDE?

1. HANDSAKKE

Gedempte kleure van handsakke en palmsakkies word gekombineer met blokke gekleure leer en monogramseilstof. En natuurlik afgerond met die LV-voorletters! Die “hand-sakkie” was ‘n sleutel-item in die Art Deco-era.

Palmsakkie van pylstertvis-leer

2. SKOENE

Die hoëhakskoene is geïnspireer deur die skoene wat tradisioneel deur mans gedra word.

3. SERPE

Fyn vierkante van sy met Fortuny-plooitjies en Art Deco-motiewe word afgerond met veretosseltjies.

Hangoorbelle met volstruisvere

4. OP JOU KOP!

Kies die Louis Vuitton-kasjmier-en-wolhoedjies wat herinner aan die Art Deco-klokhoedjie. ‘n Haarband met vere bedek is ook tipies van daardie tyd.

5. JUWELIERSWARE

Die juweliersware is geïnspireerd deur die twintigerjare en verleen speelsheid aan tweed en sy. En pret is noodsaaklik vir ‘n diva!

6. DONKERBRILLE

Kies groot donkerbrille met geskakeerde lense (donker bo en ligter na onder) en reghoekige rame met geronde hoeke.

Reghoekige-raam sonbrille

  • magda

    dankie mr nee dankie vir my!