iconic_sa_stone
Ons hou van

Die SA tema – aan jou lyf, in jou huis en in jou kombuis

Bring Suid-Afrika in jou huis

Die modegier om ikoniese en unieke Suid-Afrikaanse beelde as popkuns in jou huis te bring, is trots Suid-Afrikaans én dit lyk edgy. Materiaal soos dié wat jy by Abundant African Art kan koop, is perfek vir vadoeke, strooikussings en stoffering. 

Dié pragtige materiale (hooffoto en regs) is ‘n spanpoging van die dekormaatskappy aaart en die illustreerder Alex Latimer. Die oulike prente op die materiale bring eer aan van Suid-Afrika se mees geliefde handelsmerke en ikone.

Errol Arendz se nuwe safari-reeks

Een van Suid-Afrika se bekendste modeontwerpers, Errol Arendz, stel hierdie maand sy nuutste reeks by Dusud bekend. Dit is ‘n eenvoudige en veelsydige reeks wat bestaan uit klere in neutrale kleure, dierpatrone en landskapmotiewe. Dié reeks sluit in pofbaadjies, broeke en selfs linne. Dit sal by Dusud-winkels te koop wees, asook by uitsoek-wildplase in private besit.

Baadjie met kamoefleermotieweBroek met kamoefleermotieweBruin snyersbaadjie

Vir meer inligting, besoek sy webblad.

Afrika in die kol met mode

Anna Sui, wat al rokke vir bekendes soos Miley Cirus, Nicole Richie, Paris Hilton, Katherine Heigl en Fergie ontwerp het, was onlangs op safari in Afrika. Modekenners voorspel dat dié vakansie haar volgende klerereeks sal inspireer.

Op die foto (regs) wys Anna al haar juwele wat sy op haar toer gekry het.

“Dit is verfrissend om uit die stedelike lewe te kom en ‘n wêreld te ervaar waar die natuur soveel invloed het.”

Kyk ons na dié 48-jarige ontwerper, wat al ‘n Lifetime Achievement Award van die Amerikaanse moderaad ontvang het, se vakansiefoto’s, het Afrika haar beslis geïnspireer:

FOTO’S: Anna het dié pragtige materiale en ontwerpe afgeneem. Sien al haar foto’s by style.com.

‘n Pure Suid-Afrikaanse smaak

Die unieke Suid-Afrikaanse smake wat uit ons kombuise kom, het al wêreldbekende sjefs se mond laat water. En ons diverse disse wys dat ons waarlik ‘n reënboog-nasie is. Hier is ons top- Suid-Afrikaanse disse uit die SARIE-argiewe:

Karringmelkbeskuit

Koeksisters

 

Vetkoek

Roosterkoek

Tamatiebredie

Souskluitjies

Groente-samoesas