Ons hou van

Winter 2012 se mode- en skoonheidstrends

In die Mei-uitgawe van SARIE deel Chris Viljoen, modedirekteur, Amaria Carstens, moderedakteur, en skoonheidsredakteur, Mariska van Rooyen, die moet-weet wintertrends:

“Die idee dat mode “reëls” het en 
dat dit elke seisoen verander, is 
vir ewig verby. Trends, of tendense, het reëls vervang en jy kies self waarvan jy hou. Op die volgende blaaie het ons dié winter se 10 top-modetrends vir jou inspirerend saamgevat.   

Elke voorkoms is dalk nie vir jou nie, 
maar met dié gids kan jy makliker besluit 
en slimmer koop – sodat jou klerekas nét 
so hard werk soos jy!

Wat jy soek, is klere wat soomloos beweeg van dag na aand, werk na naweek, seisoen na seisoen.

Velsorg klop kleur met ’n kortkop, want in skoonheid is nuwe tegnologie die hoofnuus. Ons wys jou die nuutste gesig- en lyfprodukte wat die resultaat is van jare se navorsing.

Nie dat ons in die kouer maande van kleur kan vergeet nie. Helder rooie kikker die vaal dae op terwyl jy bloue en groene op die punte van jou vingers dra.

Kat-oë maak wéér die verleidster in jou wakker en pastelkleure gee jou wange en oë ’n natuurlike gloed.

Nuwe geure met winter-blomnote verkwik jou sintuie.

Maak dié 20 bladsye jou eie – daar’s volop inspirasie vir ’n knus, warm en mooi winter.”

– Amaria, Chris, Mariska

Amaria CarstensChris ViljoenMariska van Rooyen


[box:full:red:both]

10 TOP-TRENDS VIR WINTER 2012

[/box]

1. Als rooi

Als rooi!

2. Die sewentigs


3. Swart-en-wit

Swart-en-wit

4. Skitterblink

Skitterblink

5. Moderne lyne

Moderne lyne

6. Wintertuin

Wintertuin

7. Diereryk

Diereryk

8. Perdebylyf

Perdebylyf

9. Patroonmal

Patroonmal

10. Manstyl

Manstyl

  • Ivonia Van Der Merwe

    Absoluut Pragtig. Hier waar ek in Arabia sit het ek so "’dit is my tuiste gevoel" gekry toe ek julle web kyk. Baie dankie jul werk is so opbouend in alle opsigte."SARIE VIR PRESIDENT"