studio_w_image_1
Ons hou van

Winterfees

Basies maar interessant, modieus maar bekostigbaar: Wie wil dit nou nié hê nie? En wat ons betref kry Woolworths regmerkies in hierdie kassies.

Hierdie seisoen word die loopplanke oorheers deur style uit die 70’s: Daarvandaan Woolworths se midi- en maksi-rompe gekombineer met vroulike bloese in pragtige satyn en kant, asook die kunspels-onderbaadjies. Rokke en broeke met ‘n laer middel, polonekke, oorjasse, hoekige baadjies, noupyp-broeke en mini’s herinner ook aan die uitbundige modes van die 60’s. Maar die romantiese style van die 40’s maak ook hul buiging met blompatrone, kant-detail en kunspelskrae. Natuurlik is daar ook hope truie, van liggewig truitjies wat goed werk onder ander lae, tot heerlik bonkige kabeltruie.

Hierdie winter kan modieus lyk terwyl jy lekker warm kry!

Besoek www.woolworths.co.za vir meer inligting.