Ons hou van

Sensuele jy!

Women’secret se winter-reekse sluit onder meer in ‘n sexy aandreeks wat speel met teksture soos satyn en deursigtige stowwe in ‘n kleurpalet van rooi, swart en pers. Vir ‘n nonchalante voorkoms is die Dolce Blu-reeks in katoen, vliesstof, veloer en denim ideaal.

Hierdie speelse reeks is beskikbaar in grys mélange, roomkleur en middernagblou. Bra’s vanaf R225, broekies vanaf R120 en nagrokke vanaf R195.

Skakel 011 325 4992 of 021 421 1414 vir meer inligting of besoek www.womensecret.com