Aspoestertjie blog: Denimania!

SARIE Augustus 2010

Lees die nuutste blog oor denim deur sarie.com se mode-trend-blogger.

Ek het jare gelede gehoor dis die grootste mode-faux pas om meer as een denim-item saam te dra. OOIT!!

Ek kan my nou nog nie voorstel dat ek ooit 'n jean en 'n denimbaadjie saam sal dra nie...

Nou maak denimhemde 'n comeback en ek vra myself hoekom ek altyd verras is met nuwe modes. Ek dink altyd: No ways! Ek het nooit gedink mens sal dit weer dra nie. Tog is alles wat in die mode is ou nuus wat net 'n bietjie opgejazz is.

So ek vra myself of ek 'n denimhemp met 'n paar jeans sal dra en ek dink die antwoord bly nee. Gelukkig is die trend in elk geval om dit met swart te dra.

Ek self hou baie van die ligte kleur hemp en ek dink dit lyk nogal lekker aan mans... of laat David Beckham alles lekker lyk?" - deur Aspoestertjie

Verwante artikels

Kommentaar

  • this is sooo cool.

    25ste Nov. 2010, 07:56
  • Good work Ass-sterretjie!

    5de Aug. 2010, 12:17