Calvin Klein by New York-modeweek
Francisco Costa, skeppende direkteur van vrouemodes by Calvin Klein, het verlede week by New York-modeweek gewys wat ons van winter-2012 kan verwag
Spesiale gaste soos Rooney Mara, Emma Stone en die Hollandse supermodel Lara Stone het die vertoning bygewoon en het almal 'n Calvin Klein-uitrusting aangehad.

En die nuwe Calvin Klein-reeks verteenwoordig tydlose straatstyl. Die lyne is vroulik en afgerond, maar die snitte modern. Die seisoen se klassieke swart is duidelik deur die hele reeks te bespeur met tikkies rooi, beige en pienk. Middellywe is geaksentueer deur metaalkleurige gordels. Die meng van teksture soos leer, chiffon en blinkers het die eenvoudige snitte 'n unieke, kontemporêre gevoel gegee.
Dit is wat jy winter 2013 kan verwag:
- Foto van © 2012 Dan Lecca






















Kommentaar