Gemakstyl soos in The Descendants

Deur Amaria Carstens

Jeans is áltyd in die mode, en gemaklik daarby. Vandag neem ons denim-inspirasie van die silwerdoek

Dit bly 'n gunsteling onder oud en jonk, en vandag, met die Oscars voor ons, neem ons inspirasie uit die Oscar-benoemde fliek The Descendants met George Clooney (Matt King) en Shailene Woodley (sy dogter Alex). En dié sexy silwerdoekdogter van hom word byna nêrens gesien sonder haar jeans nie.

Jeans word al lankal met gemak en 'n tikke rebelsheid geassosieer. In die 1930’s was dit met cowboys eenselwig, terwyl James Dean in die fliek Rebel without a Cause die toonbeeld van rebelsheid was met sy jeans en al. In die 1960’s was dit die uniform van hippies – klokpyp-jeans, dikwels versier met borduurwerk. Teen die 1980's het ontwerpers die denim-verskynsel aangeneem en ontwerper-jeans is gebore.

Of dit vir gemak is oor die naweek, saam met 'n T-hemp, of vir die aand, saam met sexy hakke, bly jeans 'n wenner. Koop jou staatmaker stewelpypjeans (R699), Sissy Boy, hier.
Die staatmaker denim-jeans van Sissy Boy

  • Foto van Ster-Kinekor

Galery

  • The Descendants met George Clooney is vir 'n Oscar benoem
  • Die staatmaker denim-jeans van Sissy Boy

Kommentaar